Ek skryf vanaand en droom van jou
Die tye wat soms sal onthou
Nou die aand toe ek in jou oë kyk
Het die duisternis na sneeu begin lyk
Maar toe ek wegloop het alles stof geword
Jou woorde was koud en kort
So nou kan ek net na fotos kyk
Sien hoe sneeu in Afrika lyk
Maar nou is alles net gesmelt al is dit winter
En die somer gaan weer kom
Ek sal maar wag tot jy vir my blomme bring in die lente
Want die sneeu lê nou ooral
Ek wou net so bietjie vergeet van jou
Myself tussen vriende en mense toe vou
Maar jou naam op my foon bly my pla
Jy's in mense wat net wil vrae vra
Jou song bly hier in my kop in die shopping malls as ek melk koop
Hierdie ? gerussel my
Van plastiek sakkies water bak en skryf
Wit wol en jik verbly
Dis hoe sneeu in Afrika lyk
Saam met jou of sonder jou
Dis ok ek sal net aanhou
En as die wind weer draai
Sal Europa sneeu na ons toe waai
Want dis alles net gesmelt al is dit winter
En somer gaan weer kom
Tot dan is alles net gesmelt al is dit winter
En die somer gaan weer kom
Ek sal maar wag tot jy vir my blomme bring in die lente
Want die sneeu lê nou ooral
Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
Create your own version of your favorite music.
Sing now