Man Van Blikkiesdorp

Jak de Priester

Hy sê die lewe raak moeilik hoe ouer jy raak Die gras is altyd groener aan daai kant van die draad Hy sê alles verander van hoe dinge was Waaroor ons worry en waarvoor ons lag Hy sê die somer is lekker en die winter is koud Maar die aarde verwarm lyk my daar's vout Hy sê ‘n medies is te duur ‘n hospital plan te skraal So as iets nou moet gebeur moet die Here my kom haal Maar dankie tog, dankie tog Dankie vir ‘n Grandpa en ‘n glasie wyn Dankie tog, dankie tog Dankie vir ‘n Grandpa en ‘n glasie wyn Hy sê hy het baie drome maar het alles vergeet Hoe leef mens jou droom uit met so baie seer? Waar is die pad nou, hoeveel tyd het ek nog? Is dit te laat om te droom of kan ek dalk nog? Hy vra waar was my pa om my styf vas te hou? Waar was my pa om my selfbeeld te bou? Maar my pa was net nêrens om my hand vas te hou So my enigste pa is ‘n Grandpa my ou Maar dankie tog, dankie tog Dankie vir ‘n Grandpa en ‘n glasie wyn Dankie tog, dankie tog Dankie vir ‘n Grandpa en ‘n glasie wyn Hy sê hy het niks nie maar dit maak hom vry Hy sê hy het kinders en dit maak hom bly Hy sê hy het een lewe maar sy uurglas loop leeg Hy sê drome bly drome as jy te stadig beweeg Hy sê drome bly drome as jy te stadig beweeg

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store