Kleinmond Gedig

Jak de Priester

Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig Hier waar ons twee na Kleinmond vlug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig op die Groenberg se rug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig in kleinmond se lig Ek vleg die son se strale deur jou hare Ek drink die see se vryheid uit jou mond Ek maak liedjies uit die rotse van jou lyf En jou oë se kleure maak my gesond Die son se strale skryf jou naam As die branders soos ‘n weerlig teen die rotse slaan By Palmiet se poele sê ek vir jou Almal is op Stilbaai maar ek bly hier by jou Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig Hier waar ons twee na Kleinmond vlug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig Op die Groenberg se rug Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig In Kleinmond se lig Jy lyk soos ‘n meermin met die seesand teen jou wang Hoeveel ek jou lief het maak my soms bang As die son sy laaste buiging maak oor die see Neem ons nog ‘n selfie drink nog een koppie tee Ons droom oor die toekoms ek braai snoek op die vuur Jy toons met my gedagtes op ‘n ou vals klavier By Kleinmond se hawe sê ek vir jou Daar's ‘n jol op Hermanus maar ek bly hier by jou Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig Hier waar ons twee na Kleinmond vlug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig Op die Groenberg se rug Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig In Kleinmond se lig My aircon is stukkend terug deur die Karoo Maar alles is so beautiful en jy is so mooi By Colesberg drink ons koffie daar’s nog seesand in my skoen Daar’s mense oral om ons terwyl ek jou soen Die pad raak te kort vir my te kort saam met jou Na eenduisend kilos verlang ek na jou Terug in Pretoria sê ek vir jou my pelle is in onrus Maar ek bly hier by jou Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig Hier waar ons twee na Kleinmond vlug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig op die Groenberg se rug Jy's so mooi soos ‘n ou gedig Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig in Kleinmond se lig Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store