God Se Kind

Jak de Priester

Daar was ‘n oomblik in die lewe Toe my hart my lyf verlaat het Was ‘n oomblik toe my kind my hand geraak het Was ‘n oomblik toe die dokter Met 'n glimlag na my gluur Daar was God se hande Daar was ‘n engel teen die muur Daar was riviere in my oë daar was stilte in my gees Daar was liefde in die wêreld Daar was vrede gewees Daar was vertroue in jou lyfie Dat ek die pad sal lei in hierdie stukkende wêreld By jou sal bly Want jy Jy is vir my gegee ‘n Wonderwerk Net soos die diep blou see Die Here sal my dop hou van daar bo Al doen ek alles verkeerd Solank daar net liefde is Daarom weet ek dat God ons sal lei Terwyl jy hier op aarde bly Mag jy die mens word wie jy moet wees En weet dat ek by jou sal wees Daar was ‘n oomblik in die lewe Toe jy vir my gesmile het Was ‘n oomblik wat die wêreld kon vergaan het Daar was nagte in die donker Wat jy uit jou hart uit huil en ek het trane in my nek voel Ek jou doek moes ruil En as jy by ons in die bed lê En die winter oggend son skyn deur die ruit Dan lê ons nog en cuddle Tot wanneer ons wil Want ek en jy het die wêreld se tyd Oh ek en jy het die wêreld se tyd Want jy Jy is vir my geggee ‘n Wonderwerk Net soos die diep blou see Die Here sal ons dop hou van daar bo Al doen ons alles verkeerd Solank daar net liefde is Daarom weet ek dat God ons sal lei Terwyl jy hier op aarde bly Mag jy die mens word wie jy moet wees En weet dat ek by jou sal wees

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store