10 Jaar

Jak de Priester

Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur Hoeveel branders oor die spierwit strande spoel? Hoeveel paaie nuut gebou is hoeveel shopping malls ontpop? Hoeveel kinders het hul ouerhuis verlaat? En die son beloof om elke dag oor die pot blou see te groet En die berge staan soos tempels in die lug En die mensdom is elke dag op soek na wie weet wat En my hart gereed om êrens heen te vlug Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur Hoeveel mense het in hierdie tyd gesterf? Hoeveel sielle is gelukkig? Hoeveel kinders het leer loop? Hoeveel harte is in hierdie tyd gestroop? Hoeveel hande het geval en hoeveel paadjies het geskei? Hoeveel liedjies is geskryf vir jou en my? En almal leef vir eendag as die geluk na ons toe draai Maar vandag is dalk die laaste dag vir my Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur Hoeveel bloed het al gevloei in hierdie land? Hoeveel mense emigreer maar hoeveel mense kom weer tuis? Hoeveel keer al deur die mooiste Kaap gereis? En die mensdom is elke dag op reis na wie weet waar En my hart gereed om êrens heen te vlug En almal leef vir eendag as die geluk na ons toe draai Maar vandag is dalk die laaste dag vir my So hiedie dag moet altyd by my bly Hierdie dag moet altyd by my bly

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store