Kleure Van Die Reenboog

Jak de Priester

Wit is die wolke soos popcorn in die lug Dit lyk soos klomp skape wat vir ‘n wilde dier vlug Blou is die hemel dit is ‘n mooi dag Blou is die lug as die sonskyn opdaag Groen is ons grasperk waarop ons kan lê Groen gras is iets wat almal wil hê Bruin is ons koelteboom sy harde dik stam En bruin is my hare wat ek elke dag kam Dis die kleure van die reënboog Wat ek oral om my sien Dis die kleure van die reënboog Wat ons oë met prag bedien Dis die kleure van die reënboog Wat die Here vir ons gee Om die wêreld mooi te skilder Soos die blou lug en die see Geel is die sonskyn op ‘n mooi somer's dag Dan gaan ons soms strand toe eet roomys en lag Rooi is my voorkop as die warm son brand Van te veel son kan ek by die dokter beland Grys is my ouma se hare se kleur Sy probeer my die letters van die alfabet leer Pienk is my sussie se heel eerste pop Pienk is haar bedjie en pienk is haar rok Dis die kleure van die reënboog Wat ek oral om my sien Dis die kleure van die reënboog Wat ons oë met prag bedien Dis die kleure van die reënboog Wat die Here vir ons gee Om die wêreld mooi te skilder Soos die blou lig en die see Oranje is die lemoene wat ons elke dag eet As dit amper soos die son lyk dan is dit gereed Deurskyn in die water wat ons elke dag drink En silwer die see as die son oor hom blink Pers is my tannie se naels wat sy verf My ma sê sy’s kunstig sy het dit geerf Goud is die ring wat sy elke dag dra My oom het al lank terug vir haar liefde gevra Dis die kleure van die reënboog Wat ek oral om my sien Dis die kleure van die reënboog Wat ons oë met prag bedien Dis die kleure van die reënboog Wat die Here vir ons gee Om die wêreld mooi te skilder Soos die blou lug en die see Swart is die donker as die son ophou skyn Dan klim ek in my bedjie my hartjie is rein En ek groet die wêreld ons reënboog kleur land Welkom klaasvakie Kom strooi maar jou sand

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store