Brood

Jak de Priester

Vanoggend toe ek opstaan Het die radio gesê Dat die prys van brood moet laag bly Die wêreld moet kos hê Een glas wyn saam met vriende Kan die hart lekker laat klop Maar daar's min wat die hart so seer maak soos Wanneer die liefde flop En ek sien jou sit daar by die straat kafee net jy alleen Daars ‘n traan wat oor jou wange rol en die wolke bring weer reën ‘n Stad vol mense om jou wat haastig heen beweeg Maar vir jou het die wêreld stil gaan staan jou hart is koud en leeg Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood Vanoggend toe ek opstaan Het die radio voorspel Dat die tyd op aarde min raak Jy moet jou Ma hulle bel Om te lag is medisyne Wat die hart sy voedsel bied Maar daar's min op hierdie aarde soos ‘n Goeie liefdes lied En ek sien jou stap daar tussen die duiwe in die stad Alleen met net jou trane in jou hart in jou hemp se sak Dit lyk soos in ‘n movie dis net die musiek wat eintlik kort Maar hier is vir jou my woorde dis my daaglikse brood Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store