Toerbus En Trailer

Jak de Priester

As jou skeermes lemme stomp raak En jou haarspry bottels leeg raak As jy die laaste bietjie tandepaste Moet uit squeeze As die hotel se kamer klein voel En ‘n sound check soos ‘n berg voel As jy die heel dag lê en Sky News kyk En al vergeet het hoe jou girlfriend lyk Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Hierdie is ons lewens Ons lewe vir ‘n song Ek offer my vir Afrikaans ‘n Gedig sit op my tong oh ho ho Hierdie is my lewe In ons land Suid Afrika ‘n Toerbus en ‘n trailer ‘n Stage en ek is daar As jy kort-kort na jou screensaver Van jou hondjie op jou selfoon kyk As 'n vreemde tannie by jou show Begin lekker lyk As jy alweer dieselfde hemp moet dra Of by ‘n padstal vir 'n Disprin vra As jou hangover nie wil weg gaan nie En jou stem nie betyds wil terug kom nie Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Hierdie is ons lewens Ons lewe vir 'n song Ek offer my vir Afrikaans ‘n Gedig sit op my tong oh ho ho Hierdie is my lewe In ons land Suid Afrika ‘n Toerbus en ‘n trailer ‘n Keyboard en ek is daar As jy moeg raak vir die Wimpy En die koffie word net koud As ‘n Street Wise net te veel raak En MacDonalds kort nog sout As jy cravings kry vir groente Of jou ma se lekker kos As ek oral jou gesig sien In elke straat teen elke rots Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet jy dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Want as die Kaap sy charm verloor het En jy vergeet dat die see jou bekoor het As 'n Red Bull jou moet wakker hou En ‘n kombers jou nie meer warm hou As ek so erg verlang na jou En nagte wakker lê oor jou En as die storms in my hart bedaar En ek laaste bly in ‘n dorp se bar Dan weet ek dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet ek dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet ek dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan Dan weet ek dis tyd Dis tyd om huis toe te gaan

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store