Lief En Leed

Jak de Priester

Ek is lank terug gebore Om die wêreld te sien Om my lief en my leed en My brood te verdien Ek is van jongs af geleer Om my beste te gee Om na die wen streep te hardloop Te swem in die see Ek is veduidelik dat harde werk My êrens sou bring Medaljes in sport En in die skool koor te sing Om te glimlag vir die mense Voor etes te bid Om op te staan in die skoolbus Sodat ‘n dame kan sit Maar daar’s ‘n tyd om te kom en ‘n Tyd om te gaan ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te shine ‘n Tyd om te jaag en ‘n Tyd om te sit ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te bid Ek het gesien in die lewe Dat die dice vir jou val Jy woon in ‘n mooi huis Of bly in ‘n stal Die wêreld is ons wooning Daar’s oorlog en daar is rus Die bal in jou hande Jy kan dit gryp of dit mis Maar daar’s ‘n tyd om te kom en ‘n Tyd om te gaan ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te shine ‘n Tyd om te jaag en ‘n Tyd om te sit ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te bid Ek het geleer dat die tyd Vir niemand sal stil staan En dat die haan Op ‘n dag weer sal kraai Ek het geleer dat my lewe Net genade van bo is En dat net liefde Die hart kan genees Daar’s ‘n tyd om te kom en ‘n Tyd om te gaan ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te shine ‘n Tyd om te jaag en ‘n Tyd om te sit ‘n Tyd om te luister En ‘n tyd om te bid Daar’s ‘n tyd om te troos En ‘n tyd om te sing Daar’s ‘n tyd om met liefde En hulde te bring Daar’s ‘n tyd om te kom en ‘n Tyd om te ry ‘n Tyd om die heeldag In jou warm bed te bly Daar’s ‘n tyd om te wen En ‘n tyd vir verloor Daar’s ‘n tyd om te luister En ‘n tyd om te hoor Daar’s ‘n tyd vir vergewe En ‘n tyd vir vergeet Daar’s ‘n tyd om te lewe Dis jou lief en jou leed ‘n Tyd om te lewe Moet dit liefs nie vergeet

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store