Mamma Ek Wil Nie Skool Toe Gaan Nie

Jak de Priester

Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek wil liewer net hier by jou bly Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Dis baie baie koud vir my Mamma ek wil nie skool toe gaan nie My hondjie gaan my mis Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek wil liewer in my bedjie rus Maar jy moet maar skool toe gaan my kind By die skool gaan jy speel en maatjies vind Daar’s ‘n sand pit en daar’s swaaie Daar’s baie sagte klei As ek kon kies het ek daar gebly En jou juffrou is baie lief vir jou Die gras is groen en die klas is blou By die skool kan jy verf en jy kan puzzles bou Dis lekker om van skool te hou Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek voel nie baie lekker nie Mamma ek wil nie skool toe gaan nie My maagie pyn alweer Mamma ek wil nie skool toe gaan nie My juffrou is veels te kwaai Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek wil liewer deur my boekies blaai Maar jy moet maar skool toe gaan my kind By die skool gaan jy speel en maatjies vind Daar’s ‘n sand pit en daar’s swaaie En daar’s baie sagte klei As ek kon kies het ek daar gebly En jou juffrou is baie lief vir jou Die gras is groen en die klas is blou By die skool kan jy verf en jy kan puzzles bou Dis lekker om van skool te hou Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Dis lekker hier by ons huis Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek speel met Splinter die turtle muis Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek’s besig om ‘n puzzle te bou Mamma ek wil nie skool toe gaan nie Ek wil liewer net hier bly by jou

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store