Boervrou Vir Ma

Jak de Priester

Sy't perde krag in haar arms Sy’t altyd kinders op haar skoot Haar hande staan vir niks verkeerd En sy gee vir almal brood Sy's vroeg op as die res nog slaap Sy maak koffie en beskuit Dan sing sy my saggies wakker sy sê Die son groet deur jou ruit Sy leer my om te bid vir krag Sy troos jou as jy huil Sy leer my van seep en water Sy sê mens se voete is altyd vuil Sy wys vir my die regte pad Haar hande ken ook smart Sy gee vir almal 'n tweede kans Want sy’t die Here in haar hart En vir elkeen word die dice gegooi Vir elkeen sal hy val As jy jou oë oopmaak in die wêreld Is jou lot jou lot my pel Maar hy tummel in die groot heelal Het die dice vir my net reg geval Ek is dankbaar dat 'n boervrou my Groot gemaak het Ek is dankbaar dat 'n boervrou my Groot gemaak het Sy’t tonne liefde in haar arms Sy kan kos maak soos net 'n ma Sy weet as haar kind gelukkig voel En sy weet as iets hom pla Sy sing vir jou as jy klein is En sy dans as jy verjaar Sy klap hande met trane in haar oë En jy weet sy’s altyd daar En vir elkeen word die dice gegooi Vir elkeen sal hy val As jy jou oë oopmaak in die wêreld Is jou lot jou lot my pel Maar hy tummel in die groot heelal Het die dice vir my net reg geval Ek is dankbaar dat 'n boervrou my Groot gemaak het Want sy’t die lewe in haar hart en gees Sy's die moeder in my taal As ek nêrens is en ek myself verloor Sal sy my middernag kom haal Sy wys vir my die regte pad Haar hande ken ook smart Maar sy gee vir almal 'n tweede kaans Want sy’t die Here in haar hart En vir elkeen word die dice gegooi Vir elkeen sal hy val As jy jou oë oopmaak in die wêreld Is jou lot jou lot my pel Maar hy tummel in die groot heelal Het die dice vir my net reg geval Ek is dankbaar dat 'n boervrou my Groot gemaak het Ek is dankbaar dat 'n boervrou my Groot gemaak het Ek is dankbaar dat een boervrou my Groot gemaak het

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store