Ek Lewe Vir Nou

Jak de Priester, CHARLIZE BERG

Ek het al so veel keer jou oë beskryf In die woorde van 'n song En ek moes al soveel keer net asem haal En 'n wag sit voor my mond Ek het al soveel keer verkeerd besluit En dan later voel ek spyt Ek het al soveel keer die pad verloor En myself daarvoor verwyt Maar ek lewe vir nou ek lewe vir jou Ek lewe vir sonskyn en die hemel se blou Ek lewe vir liefde en ek lewe vir altyd Vir die kosbare tyd saam met jou Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons Ek leef vir 'n song en ek leef vir 'n soen Vir alles wat ons saam kan doen Ek het al soveel keer net bang gevoel Vir 'n onbekende daad En ek het al soveel keer jou lyf gesoek In die middel van die nag Ek het al soveel keer 'n kaans gehad Om te sê ek het jou lief En ek het al soveel keer die kaans verbrou As jou oë vra asseblief Ek lewe vir nou ek lewe vir jou Ek lewe vir son skyn en die hemel se blou Ek lewe vir liefde en ek lewe vir altyd Vir die kosbare tyd saam met jou Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons Ek leef vir 'n song en ek leef vir 'n soen Vir alles wat ons saam kan doen Ek het al soveel keer myself oortuig Die lewe gaan verby En ek het al soveel keer my hart vertrou Om my iewers heen te lei Ek het al soveel keer te veel gedink Oor wat lank terug reeds gebeur het En ek het al soveel keer die waarheid besef Dat elke dag aan ons geleen is Ek lewe vir nou ek lewe vir jou Ek lewe vir sonskyn en die hemel se blou Ek lewe vir liefde Ek lewe vir altyd Vir die Kosbare tyd saam met jou (Vir die kosbare tyd saam met jou) Ek lewe vir hoop ek lewe vir ons Ek lewe vir liefde wat die wêreld laat gons (Liefde wat die wêreld laat gons) En ek leef vir 'n song ek leef vir 'n soen Ek leef vir alles wat ons saam kan doen Ek lewe vir jou Ek lewe vir jou

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store