Bloed En Vlees

Jak de Priester

Toe ek klein was was hy groot gewees Hy was sterk gewees my pa was fluks gewees Maar hy moes geld verdien moes kliente sien Daarom was hy maar min by die huis gewees Toe ek klein was was hy kwaai gewees Hy was ‘n man gewees ek was soms bang gewees Maar hy moes vroeg opstaan om na sy werk te gaan Daarom was hy maar min by die huis gewees Toe hy jonk was moes hy sy ma kon groet Hy moes gaan leer van moed van vlees en bloed Dit het hom sterk gemaak dit het hom man gemaak Dit het sy sagte siel dalk effens stil gemaak Toe hy jonk was was hy sterk gewees Hy was weg gewees op die grens gewees En hy moes goed kon skiet hy moes goed kon hoor Hy moes homself kon oorgee aan geweld en moord Maar hy was nog altyd edel En hy was nog altyd daar En hy het nog altyd die dag onthou As ek Oktober maand verjaar En hy was nog altyd trots gewees Op sy kinders en sy vrou Dis maar net hoe hy geleer was Om sy liefde stil te hou Toe ek klein was het ek my pa gesoek Ek was nog in my doek ek het my pa gesoek Maar hy moes geld verdien moes kliente sien Daarom was hy maar min by die huis gewees Toe ek op hoërskool was het ek my pa gesoek Want ek het man geword en ek het vrae gehad Maar hy was kwaai gewees en ek was weird gewees Ek wou nooit eers erken ons was bloed en vlees Maar hy was nog altyd edel En hy was nog altyd daar En hy het nog altyd die dag onthou As ek Oktober maand verjaar En hy was nog altyd trots gewees Op sy kinders en sy vrou Dis maar net hoe hy geleer was Om sy liefde stil te hou Toe ek groot is het ek ook liefde gevind Ek het met liefde getrou 'n baba vas gehou Nou’s ek die man wat ‘n pa moet wees My gesin moet beskerm in bloed en vlees Nou kyk ek na my pa wat voor die TV sit en slaap Sy lyf is moeg van jare En hy’s grys hier langs sy slaap En ek weet hy het op sy manier sy beste ook probeer Om sy kinders groot te maak Hy't met die jare dalk geleer Nou sien ek my pa met ander oë Want om ‘n pa te wees moet jy in liefde glo En jy moet geld verdien moet kliente sien En soms bietjie min by die huis ook wees Maar ek was nog altyd edel En ek was nog altyd daar En ek het nog altyd die dag onthou As jy in Januarie maand verjaar En ek was nog altyd trots gewees Op my kinders en my vrou Dis maar net hoe ek geleer was Om my liefde stil te hou

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store