Stellenbosch Lovesong

Luna, Jak de Priester

Ek wonder hoeveel tree Het ons deur Stellenbosch geloop Hoeveel take in 'n coffee shop gedoen Ek wonder hoeveel nagte Het ons deur Mystic Boer gejol Hoeveel keer het ek probeer jou langs Bohemia te soen En ek wonder hoeveel nagte Het ek gewens ons was alleen Hoeveel keer wou ek net cozy raak As dit buite begin reën En hoeveel van daai chicken pies Het ons by BP garage gaan koop As ons honger uit die New-bar slip Effens moeg en effens dronk En dink jy dis legal As jy so vir my kyk? Met jou oë so beautiful soos die see In Dorpstraat Teater by a tafeltjie Spesiaal net vir ons twee Het ek my hart in 'n song vir jou gegee En hier lê ons spore, diep in die grond Deur Plein Straat en deur tollies En in die geure van jou mond Al was ek skaars twintig En soos 'n bootjie Doelloos in die see Weet ek jy het my van die liefde geleer Weet ek jy het my van die liefde geleer In elke straat in Stellenbosch Is 'n gedig deur ons geskryf In elke eike blaar, 'n happy song In elke afdraai paatjie Lê jou woorde soos die reën Herinnering verdwyn ook iewers heen En ek wonder hoeveel nagte Het jy gaan slaap sonder om te groet? Hoeveel keer moes ek met jou voicemail praat 'n Lem in my gemoed? En hoeveel keer was daar stilte As ek jou stem so graag wou hoor? En hoeveel keer was daar woorde Onnodig deur hart geboor? En dink jy dis legal As jy so vir my kyk Met jou oë so beautiful soos die see In Dorpstraat Teater, by a tafeltjie Spesiaal net vir ons twee Het ek my hart in 'n song vir jou gegee En hier lê ons spore, diep in die grond Deur Plein Straat en deur tollies En in die geure van jou mond Al was ek skaars twintig En soos 'n bootjie Doeloos in die see Weet ek jy het my van die liefde geleer Weet ek jy het my van die liefde geleer En dink jy dis legal As jy so vir my kyk Met jou oë so beautiful soos die see In Dorpstraat Teater, by a tafeltjie Spesiaal net vir ons twee Het ek my hart in 'n song vir jou gegee En hier lê ons spore, diep in die grond Deur Plein Straat en deur tollies En in die geure van jou mond Al was ek skaars twintig En soos 'n bootjie Doeloos in die see Weet ek jy het my van die liefde geleer Weet ek jy het my van die liefde geleer

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store