Karoo Gebed

Jak de Priester

As ‘n lang dag se probleme aan my lyf kom sit En ek te moeg is om te glimlag vir my kind As die mense by die werk my siel onrustig maak En ek sukkel om vrede in my hart te vind As ek nie lus voel om met die wêreld mee te praat nie En ek my liefde vir my medemens verloor As ek sukkel om iemand te vergewe Of my passie vir die lewe net verloor Dan maak ek my oë toe in die donker En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag En ek pluk die sterre stadig een vir een En ek voel hoe dat die Here my weer seen As ek nuus kyk en ek sien hoe lyk die wêreld Hoeveel kinders elke dag moet honger ly Of 'n oorlog wat 'n mooi land net verwoes het En my huishulp wat in ‘n sinkplaat huisie bly As ek toe kyk hoe ons land soms uit mekaar val En ons leiers geen liefde in hul harte het As ek soms in die nagte wakker lê en ek wonder As ek wonder of my kind 'n toekoms het Dan maak ek my oë toe in die donker En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag En ek pluk die sterre stadig een vir een En ek voel hoe dat die Here my weer seen As ek stadig weer my oë vir die wêreld oopmaak Met my voete nog êrens in die Karoo Met die sterre wat so helder in my hart skyn En my lewenslus soos mana van daar bo Dan maak ek my oë toe in die donker En ek verbeel my ek is êrens in die Karoo En ek sit daar langs die man wat vir my glimlag En ek pluk die sterre stadig een vir een En ek voel hoe dat die Here my weer seën Ja ek voel hoe dat die Here my weer seën

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store