Gister Nog 4

Jak de Priester

Vandag is jy vier jaar oud Daar’s ‘n vonkel in jou oë Want die ballonne wat bo jou bed hang Die geskenke oral om jou Jy lyk skielik so groot vir my Al is jy saans maar nog bang Om alleen in jou bed te slaap Of te loop in die gang Vandag is jy ses jaar oud Dis jou eerste dag op skool En jy versuip in daai klere Ek neem ’n foto op my foon Jy’s so cute met daai hals blek En daai boek sak op jou rug En jy’s dapper as ek jou groet Maar ek ken al daai sug En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak Sal jy my engel kindjie bly Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is My engeltjie kind Vandag is jy dertien En jy word ontgroen Jy loop met eiers in jou sakke rond Dis wat mens maar moet doen Jy lyk skielik so klein vir my As die graad twaalfs met jou praat En jy spring op jou bicycle En jy jaag deur die straat En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak Sal jy my engel kindjie bly Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is My engeltjie kind Vandag is jy agtien En jy groet eers die skool En jy klim in jou Corsa En ry Margate toe En my hart sit daar langs jou Jy’s die koning op jou troon Mag die son oor jou skyn my kind Het jy airtime op jou foon? En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak Sal jy my engel kindjie bly Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is My engeltjie kind Vandag is jy mondig Waar het die tyd heen gegaan Ons hou partytjie vir jou en jou vriende Ons roep almal jou naam Ek het geweet hierdie dag sou kom Maar jy was gister nog vier Jy’t my geleer wat liefde is Jy weet ek's altyd net hier

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store