Erens In Die Klein Karoo

Jak de Priester

In Vishoek is daar 'n woonstel blok En op die derde vloer ‘n deur As jy klop aan die deur Maak Tannie Anna dit oop Met 'n glimlag en ‘n koppie tee Kom binne my kind jy is net betyds Ek het scones en ek het warm beskuit Dis ‘n mooi dag daar buite want die sonnetjie skyn Ek het vroeër geloer deur my ruit Haar woonstel lyk nog presies dieselfde Toe sy en haar man dit gemaak het Prente teen die muur en stoel op hul plek ‘n Bedtjie en ‘n kaggel vuur En daar’s ‘n painting teen die muur langs haar uitskop stoel ‘n Prentjie van die Klein Karoo Sy sê ek verbeel my dis my venster Ek verbeel my ons is daar Êrens in die Klein Karoo Sy sê my kind Môre is aan niemand beloof nie Of jy oud is soos ek of jonk soos jy Die dag van môre is 'n gift Jy moet maar elke dag leef of dit die laaste kans is Om die wêreld te verander En om die liefde te vind en alles wat mooi is Aan jou hart vas te bind En om die liefde te vind en alles wat goed is Aan jou hart te bind Sy sit met haar koppie tee in haar hand Dis haar hande wat die jare wys Haar oë is groen so groen soos die see En haar hare dra die jare se grys Haar stem vertel stories Van toe sy nog jonk was sy en Tom het geswem in die see Jy moet die lewe geniet En die aarde oppas Jy moet ontvang maar jy moet soveel meer gee En sy sit op haar stoel en kyk na die painting 'n Prentjie van die Klein Karoo Sy sê ek verbeel my dis my venster Ek verbeel my ons is daar Êrens in die Klein Karoo Sy sê my kind Môre is aan niemand beloof nie Of jy oud is soos ek of jonk soos jy Die dag van môre is 'n gift Jy moet maar elke dag leef of dit die laaste kaans is Om die wêreld te verander En om die liefde te vind en alles wat mooi is Aan jou hart vas te bind En om die liefde te vind en alles wat goed is Aan jou hart te bind Tannie Anna wat gaan ek doen sonder jou As jou stem net eendag sou stil raak? As ek klop aan daai deur Sonder 'n glimlag of tee Net 'n nommer 'n Nommer teen die deur Sy sê dan vat jy my painting en gaan soek hierdie plek Dis êrens in die Klein Karoo En ek sal daar wees in die Hemel In daai huisie in die prentjie Êrens in die Klein Karoo Sy sê my kind Môre is aan niemand beloof nie Of jy oud is soos ek of jonk soos jy Die dag van more is 'n gift Jy moet maar elke dag leef of dit die laaste kaans is Om die wêreld te verander En om die liefde te vind en alles wat mooi is Aan jou hart vas te bind En om die liefde te vind en alles wat goed is Aan jou hart te bind

Written by: Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Create your own version of your favorite music.

Sing now

Kanto is available on:

google-playapp-storehuawei-store